Inwoners van Williston word weer versoek om water spaarsamig te gebruik as gevolg van die waterskaarste. Die hooftoevoer van die reservoir word vanaf 8nm tot 6vm afgesluit. Die besluit is tesame met die Departement Waterwese geneem. Fondse is toegeken deur die Departement Waterwese om nog twee boorgate toe te rus om die voorsiening van water aan die gemeenskap van Williston te verbeter.
Meer inligting rakende die waterbeperkings kan aangevra word by karooadmin@karoohoogland.gov.za
Copyright © 2015. Karoo Hoogland Municipality | Munisipaliteit. All Rights Reserved.