Karoo Hoogland Munisipaliteit is een van die min munisipaliteite wat geen skuld het by ESKOM nie.
Karoo Hoogland Munisipaliteit het ’n positiewe bankbalans.
Die Munisipaliteit het ‘n Vooruitbetaalde Watermeters sisteem uit eie fondse aangekoop en begin installeer in Sutherland.
’n Community Works Programme Projek gaan eerdaags vir die eerste keer in Karoo Hoogland Munisipaliteit geloods word waar ’n totaal van 500 inwoners werk sal kan kry in die totale Karoo Hoogland area.
’n Nuwe “Cherry Picker“ is in die begin van 2016 kontant aangekoop.
Karoo Hoogland het tenders aangevra vir die verskaf van ’n Rioolverwyderingsvoertuig te Sutherland.
Die twee vullisstortingsterreine van Williston en Sutherland wat nie oor lisensies beskik het nie, is gelisensieër en sal daar nou beplan word vir die verbeterings aan die terreine nadat befondsing bekom is.
Die Invorderingspersentasie (met verwysing na Kredietbeheer) het gestyg van minder as 40% in 2013/2014 na ongeveer 85% in 2016/2017.
Die Munisipaliteit het ‘n projek van stapel gestuur om Inwoners wat nog nie Kaart & Transport van hul eiendom het nie, van hulp te voorsien. Sutherland se aansoeke is almal reeds ingedien en Williston en Fraserburg se aansoeke sal volg.