Die plaas Kanariesfontein is 3 en n half uur se ry vanaf Kaapstad. Dit is gelee 36km wes vanaf Sutherland op die Bo-Visrivier pad en op die eskarp by Oubergpas. Dit is een en n half uur se ry vanaf dieTanqua Nasionale park en een uur vanaf die Sterrewag (SALT).
Die omgewing is van die mooiste in die distrik. Skoon water, vars lug en volop stilte is gewaarborg. In die lente hoef jy nie verder as Kanariesfontein te ry om te gaan blomme kyk nie. Dis ‘n verruklike gesig wat jou begroet as jy die plaas binne ry teen die lang hoogte af. Jy kan stap of fietsry in die natuurskoon. n Pad al op die eskarp van die Roggeveldsberge, wat uiters geskik is vir Quads en 4 x 4 voertuie, verleen n asemrowende uitsig oor die hele Tanqua Karoo tot sover as die Sederberge, asook Matroosberg. Ook vir 4 x 4 hardebaarde is daar ‘n roete oor die aangrensende plaas Krantzkraal. Hier is n ryk voellewe op die damme, volop wild asook 4 soorte skilpaaie.
Vlieghengel van forel en swartbaars kan op n “catch en release” basis geniet word. Wilderog wat as uitgewis beskou word,kom nog in redelike stande hier voor.
Twee volledig toegeruste, selfsorg gastehuise, sonder TV, bied slaapplek vir 4 mense – ‘n dubbelbed en 2 enkelbeddens. Albei huisies is toegerus met n kaggel.
Aankom tyd – nie vroeer as 2 nm. Vertrek tyd – nie later as 11 vm nie.
Kostes R175 p.p vir eerste 2 persone en daarna R100 p.p.
Ligging 36 km NW van Sutherland op die bo-Visrivier pad:
Koordinate
Grade, minute, sekondes
32°25’1.22″S
20°22’54.87″E
KONTAKBESONDERHEDE:
JJ Esterhuyse
Cel: 083 462 0559
Tel: (023) 571 2729
Fax: 086 620 7503
E-mail: kanariesfontein@gmail.com
Copyright © 2015. Karoo Hoogland Municipality | Munisipaliteit. All Rights Reserved.