Die publikasie van Karoo Hoogland Sterresepte en Kontreistories asook die Historiese staproetekaarte van Williston, Fraserburg en Sutherland, destyds saamgestel in samewerking met Me Elna Marais, is deur die Erfnisstigting in hul biblioteek opgeneem. Dit is beslis van kulturele en geskiedkundige waarde en hiermee bedank Karoo Hoogland Munisipaliteit diegene wat by die samestelling betrokke was, onder ander Me Elna Marais wat in 2011 afgetree het as Museum Kurator van Karoo Hoogland Munisipaliteit.
Copyright © 2015. Karoo Hoogland Municipality | Munisipaliteit. All Rights Reserved.